Die Klein Skooltjie

ALGEMEEN

Beheer & Bestuur van die Skool

Die Klein Skooltjie funksioneer heeltemal privaat. Die skool is geregistreerd by die Onderwysdepartement maar ons ontvang geen finansiële hulp van die departement nie – dus afhanklik van ouers se stiptelike betaling van skoolgelde.

Klassies

Skoolure

Die skool open 06:30 in die oggend tot STIPTELIK 13h00.

Die dagprogram begin om 8h00 vir al die ouderdomsgroepe.

Alle kleuters moet gedurende hierdie tye teenwoordig wees en kan tussen 12:00 en 13:00 gekry word.

Middagsorg is van 13:00 tot 17:30 (Maandag tot Donderdag, Vrydag 17:00).

Reëlings moet getref word indien kleuter vroeër gekry word.

Halfdag kleuters wat na 13h00 gekry word, sal by die Middag Maatjies geplaas word en R50 vir elke halfuur vanaf 13h00 (1min – 30min) sal by rekening gevoeg word aan die einde van die maand.

Die skool is oop gedurende skoolvakansies.

Die Klein Skooltjie sluit amptelik 15 Desember om 12h00. Aanvang van skool in Januarie soos aangedui deur die Departement van Onderwys.

Die Klein Skooltjie is gesluit op Publieke Vakansiedae en Spesiale Skole-vakansiedae soos deur die Dept. van Onderwys bepaal.