Die Klein Skooltjie

INLIGTING

Benodighede & Voedsel

Elke kind moet asseblief die volgende saamdra:

  • ’n TassieDie Klein Skooltjie tas

  • ’n Kosblik met gesonde kosies (verkieslik bruin brood) en iets te drinke.
    LEKKERS EN KOEKIES MAG SLEGS VRYDAE DEEL UITMAAK VAN U KIND SE KOSBLIK.

  • Snoepie word ook op Vrydae gehou.

  • ’n Stel skoon klere tot en met Gr R. Warm klere vir koue dae.

Gedurende die wintermaande stel ons voor dat die kinders in lae aangetrek word sodat ons hulle kan uittrek soos die dag warmer word.

ALLES MOET ASB DUIDELIK GEMERK WEES.

INDIEN KLERE VIR LANGER AS 4 WEKE BY DIE SKOOL IS SONDER OM OPGEËIS TE WORD, WORD DIT GESKENK AAN BLOEM SHELTER.

Geen kleuter mag speelgoed saambring skool toe nie!

Dit veroorsaak onnodige konflik tussen die kinders. Daar is genoeg speelgoed by die skool.

Speelgoed van die huis af sal ongelukkig afgeneem word.

Siektes & Beserings

Skakel asseblief die klasonderwysers indien u kleuter afwesig gaan wees.

Kleuters met koors, loopmaag of wat meer as een maal opbring, se ouers sal gekontak word om kleuter by skool te kom haal.

Geen medikasie mag in ’n kleuter se tas geplaas word nie. Geen medikasie mag by die skool gegee word nie.

(Dit is om veiligheidsredes.)

Siek kleuters moet asseblief nie die skool bywoon nie.

’n Kleuter wat te siek is om buite te speel is te siek om skool toe te kom en steek die gesonde kleuters aan. Dit is onmoontlik om ’n kleuter binne te hou as al die maatjies buite speel.

In ’n noodgeval sal ouers onmiddellik gekontak word, maar indien hulle nie bereik kan word nie, of tyd ’n faktor is, sal die kleuter na die skool se dokter geneem word. (Dr Sonia Hattingh)

Kameras

CCTV-kameras in die klasse en op skoolgrond. Kameras kan nie deur ouers op fone besigtig word nie en materiaal word vir ± 2 weke afhangende van beweging gestoor. Indien ouers materiaal wil besigtig kan hulle my kontak. Hierdie dien slegs as ’n veiligheidsmaatreël en is nie iets wat gedeel word nie, insake die POPI-wet.

Verjaarsdag

Die hele skool is deel van die kleuter se verjaarsdag. ’n Koek word waardeer – hou egter in gedagte dat dit genoeg moet wees vir die hele skool. ’n Bokskoek is gewoonlik voldoende.

Algemeen

Indien ’n maatjie wat kom kuier saam met u kleuter wil skool toe kom, moet u asseblief vroegtydig die nodige reëlings met die onderwysers tref. Dit sal waardeer word as die maatjie op ’n Vrydag of naby vakansie tye kan kom kuier.

’n Dagtarief sal gevra word.

Kleuters mag onder geen omstandighede sonder die nodige kennis van die klasonderwysers deur persone wat nie aan ons of kinders bekend is, afgehaal word nie – tref asseblief die nodige reëlings met die onderwysers. Geen kleuter sal aan ’n onbekende persoon sonder die ouers se toestemming afgegee word nie.

Die kode van die hek mag ook onder geen omstandighede aan enige persoon gegee word nie.

Buitemuurse Aktiwiteite

Hierdie aktiwiteite is nie verpligtend nie, maar word ten sterkste aanbeveel en is van onskatbare waarde vir u kind se ontwikkeling. Demonstrasieklasse word in Januarie aangebied.

Die skool dien slegs as aanbiedingspunt vir die buitemuurs en alle finansies is streng tussen die ouers en die aktiwiteite van hulle keuse.