Die Skoolgeld word betaal oor 12 maande waarvan die eerste betaling geskied op 1 Jan vir die maand van Januarie en daarna op die eerste van elke maand tot 1 Des.
Indien die maandelikse tarief nie teen die 8ste van die maand op die bankstaat wys of geen betalingsbewys kan gelewer word nie, sal die rekening oorhandig word en kleuter sal ongelukkig nie toegelaat word om skool by te woon tot rekening op datum gebring is nie.
Indien rekening nie op datum is 1 Des van elke jaar nie, kan kleuter die daaropvolgende jaar nie toegelaat word by die skool nie, om sodoende aan kleuters wat op die waglys is ’n plek te verseker.
Indien daar enige probleem rakende die rekening is, kontak asseblief die skoolhoof.
Elektroniese inbetalings word verkies en is veiliger, gebruik u kleuter se naam en van as verwysing en stuur bewys van betaling per e-pos na admin@diekleinskooltjie.co.za
Fooie word nie verminder indien u gedurende die kwartaal met vakansie gaan of indien u kleuter siek is of om enige ander rede nie die skool kan bywoon nie.
Indien u kleuter die skool verlaat moet u een maand skriftelik kennis gee. Indien u versuim, sal u verantwoordelik gehou word vir ’n maand se skoolgeld.
GEEN SKOOLGELD IS TERUGBETAALBAAR NIE.